CHURCHIL NAUDÉ

DIGKUNS

‘n Klein voorsmakie van my nuutste digbundel, Drol innie Drinkwater…

Koop gerus hier met gratis aflewering in Suid Afrika

aan die begin was die woord en sy einde sal jy nooit beleef nie
voor jy met woorde kon wandel toe wandel hierdie woord
hierdie woord is n waarwording van gedagtes wat wemel met weemoed
alledaagse sêgoed
n bietjie salf vir tye van teëspoed
voor jy met woorde kon toor toe sing hierdie woord innie koor
toe’s jy nog besig om jou melktanne te verloor
jy mag maar n kierrie hier en daar leen om n struikelende woord te help ten tye van nood
maar dit maak jou nie die messiah van woordkuns nie
sê wie
jy kan dit vir n tyd en wyl skuiling gie
maar jy sal die woord nie in n hok hou
oh no
en elektriek fences daarom bou
en n private property bordtjie op n paal in die grond grou
whoao
jou laaste woorde sal nie die laaste woord wiessie
moenie die fout maak om vir die woord te kies’ie
of vir die woord te besluit nie
want hierdie woord is nie jou meit nie
wie is jy om die woord te verdraai soos dit jou pas
is j jas
net sodat die geraamtes kan stilbly in jou kas
sodat jy jouself kan verbeel jy is vry
maar by the way
die kettings in jou kop is soos n spies in jou sy
want jy hoor die woord maar jy wil nie verstaan nie
want jy sien die woord ly maar jy kap nie n traan nie
dis hoekom jy dit so koester wat die bose in jou hart saai
dus hoekom jou volk lyk of die wind hul verstand weg waai
as jy die woord wil rankskik volgens jou soort en volgens jou tipe
dan sê ek bring nog bietsie sout en bring bietsie pieppe
sodat ek hierdie woord wat jy so lief het
kan besmet met verkoue en uitheemse grieppe
ek issie drol in die drinkwate’
die gat innie sinkplate
wat jou woord kom besmet met ongesertifiseerde prate
wat jou woord se siel aan die duiwel wil ve’koep
wat die woord dukgesyp maak met vrot wyn op my stoep
wie is jy om die woord gevange te hou in jou teorieë
jou instansies
jou kerk
jou geslote groepe op facebook
het die heelal begin met twee atome en n moerse poep
of het dit begin met net n woord uit te roep
nie jy of een van jou self appointed deskundiges sal sê wanneer , waar of vir wat daar gewoord sal word nie
wan’ wie weet waar die woord se wortels lê
dat die waarheid net in jou woorde wereld bestaan is n kak ding om te sê
so laat daar dan gewoord word soos daar gehoort word
soos daar gesoort word
soos hierdie woord jou kneus so sal hy jou genees
vir jou mensgemaakte wette het hierdie woord geen vrees
gee dit vir my kru , kras , kroes , kaal of konserwatief
hierdie woord het ek lief
jy kan sommer ook in jou moer kruip vir my gerief
en jy kan dit vir al jou geaffilïeerdes gaan sê asseblief
jou tief
ont vang nou die woord en laat dit saggies deur jou sintuie sif
kry dit in jou diff
hierdie woord is n teenmiddel vir jou gif
hierdie woord sal aan jou binneste vat want hierdie woord is n skat
wat val uit woordenaars se monde
wat raas innie nag soos jou nybe se honde
waar was jy
toe hierdie woord my bevry
van spoke wat my wou kry
innie nag
hierdie woord het mag
hierdie woord het krag
ek vat nie aan die woord nie broeders en sisters
hierdie woord vat aan my
want ek en hy
het mekaar op die kruispad gekry
toe ek reg check is dit entlik n sy
dis toe dat ons begin vry
hierdie woord is nie vir sensitiewe tiewe nie
want hierdie woord stoot en pomp en suig en lek
hierdie woord word weer gebore soos hy vrek
want hierdie woord is n vrug
hierdie woord gee jou sig
soos hy jou tig en jou waardes ontwrig so sal hy jou oplig
want aan die begin was die woord en die woord het vir die duisternis gesê
auwê my ma se kinners ….
raak lig
ek wil graag n mooi gedig skryf
sonder kru taal
sonder issues
wat ander belas en bemal
met perfekte Afrikanernasionalistiese suiwer
spierwit
wit Afrikaans
wat mense in Welkom en ander omliggende dele nie sal walg nie
dan beskryf ek die rooi rooibruin , pers ,vaal vaal kleure van blare,
wat uitval soos oumens hare ,
in herfs
die reën druppels
wat saggies teen my venster drup drup
in winter winter in
die Kaapse wind wat soos growwe sandpapier
teen my kroes kroes baard skuur skuur
miskien moet kroes uit dai lyn kom
want dit sal nie mooi
in die mooi mooi gedig pas nie
en sodoende sal ek dan niemand belas nie
die blou blou van die hemil
die diep diep van walvisse wat so af en op
en af en toe
ons Valsbaaikus kus kom kuier
die menige mense wat op die parade wemil
die wat op Foreshore teen die Kaapse wind steier steier
die
hallo hallo merrim
ons het aa’tappels tamaties en ywe
soet-suur seedless druiwe
sagte avokado pere
as j genoeg iet maak ‘it jou uitval hare meere
watermelon
you can taste a slice
en die kaalgat peskis is twieë vir twieë ran’ soe ‘is twice as nice
met n lekke kopkool
all you need is rice
maar dit sal seker die taalpuriste verknor
hulle brullende bekke vermor
n morbiede moraliteit
ons publiseer net
winsgewende winsdrewende winskopie kommoditeit
die vierde apie sit sit met n pen sonder ink
dan dig digters nie wat hulle dink
dan kan die riviere stil stil verdrink
dammetjies begin stink
stagnant
ongesertifiseerde verdagte gedagtes
is verbode om hier te plant
neerhalige opmerkings is konstant
kom ons hou n kompetisie waar net mooi poësie n goue medaljetjie en n gedenkplaatjie kan
wen wen wen want
ons het kontant
kom ons kom trug trug na die mooi mooi in hierdie gediggie
rose is rooi en viooltjies het n soet gesiggie
maar is nie blou nie
tegnies gesproke is die hemil ook nie
maar dit maak nie vir goeie
mooi mooi
glad nie poësie nie
as jy wil mooi mooi gediggie gedigte dig
moet jy nostalgie insit
jy moet die landskap beskryf
anders wysig die kenners dit
ek ken van dit
som kenners is enners
maar ons gebruik nie kru taal in hierdie gediggie nie
niks niks kwaadrakens nie
want
dis n mooi mooi gediggie
en die ridder op n wit perd ry weg in die sonsondergang
en aan die einde van die tonnel sal jy sien daar brand n liggie
mense willie hoor van bodily fluids wat exchange word nie
of van saliva op jou wang nie
en jou pa het slap eiers en jou ma se tette hang
nie ,
dis nie mooi nie

MUSIEK

NUUS

KONTAK

    Ontwerp en ontwikkel deur People of Kolor